Meer oor Ons

Missie & Grondslag

Geskiedenis & Prestasies

Ons Wapen

Ons Skoollied

Ons wapen:

Die skoolembleem is ontwerp en geteken deur Nic en Truia Olivier in 1995

Simboliek:

Die Geel Aalwyn

  • Uniek aan die Waterberg.  Versinnebeeld ook die uniekheid van elke kind.
  • Simboliseer ook groei.
  • Groei na bo simboliseer strewe na Christus.

Die Ossewawiel

  • Die Afrikaner-Boerevolk se verbintenis met die verlede.
  • Simbool van dit wat Volkseie aan die Afrikaner-Boerevolk is.
  • Die wiel wat ook koersvaste beweging die toekoms in aandui.
  • Die speke van die wiel wat ook dui op die strale van die son.
  • Simbool van God se lig.
  • Die horisontale en vertikale asse van die wawiel dui op die kruis van Jesus Christus.

Ons Skoollied:

Met die Bybel in die hand –
Wil ons dien ons volk en Vaderland
Mag in kennis, krag in geloof
Daarvan kan niemand jou beroof –
Ons kinders is ons Boerevolk se eer,
Daarom in Sy naam werk en leer
Met Liefde en gesag, word ons hier Onderrig
Ons beste te lewer is ons kinders se plig
“U Woord my lig” is ons leuse
CVO is ons keuse
Verbondskinders wat in ons Verlosser glo –
Ons trots is Waterberg Skool vir CVO.



© 2008 - 20011. Waterberg Skool vir CVO. Alle regte voorbehou.

[Tuis] [Meer oor Ons] [Missie & Grondslag] [Foto-album] [Kontak Ons] [Nuusbrief Inskryf]

Ontwerp deur Equadoor
Webmeester