top of page

Opening by BCVO byeenkomste










Tydens die Opening van Bondedag het ’n baie groot hoeveelheid ouers en kinders hulle

nie daaraan gesteur dat daar uit die Bybel gelees en gebid word nie. Ouers en kinders het

voortgegaan om te gesels en so in disrespek teenoor die Here opgetree. Ander ouers en

kinders het bloot net nie opgedaag vir die Opening nie, want my kinders neem mos eers

later deel. Dit wil voorkom asof ouers die Opening van ’n byeenkoms bloot as ’n formaliteit

sien en daarom nie teenwoordig is nie of nie veel aandag daaraan gee nie.


Ons wil u graag daarop wys dat die opening van ’n byeenkoms ’n ontsaglike belangrike

deel van die byeenkoms uitmaak. Dink daaraan: As Beweging (of skool) kom buig ons

saam voor die groot en magtige God wat alles kan doen en ons vra Hom om die

byeenkoms te seën. Ons bid dat die Lewende God elkeen van ons kinders in sy hande sal

hou, dat Hy hulle van ernstige beserings sal bewaar.


Wanneer ons die Opening van byeenkomste in onbruik laat verval omdat ons dit nie

bywoon nie, kan ons tog nie die seën van die Here verwag nie – en ons is so ontsaglik

afhanklik daarvan.


Ons doen ʼn ernstige beroep op elke ouer om die Opening van byeenkomste by te woon,

stigtelik stil te staan of te sit en stil te bly terwyl daar geopen word, ongeag waarmee jy

besig is. Opening is nie net ʼn ritueel of formaliteit wat afgehandel moet word nie, maar die

kern van ons Beweging.


Ons versoek u dus vriendelik om die Opening van ander geleenthede by te woon sodat ons nie net die byeenkomste nie, maar ook die dag op die regte manier kan begin.


# Trots Christelike Volkseie Onderrig

 
 
 

Comments


  • White Instagram Icon

© Kopiereg 2023.Waterbergskool vir CVO   Alle Regte Voorbehou

Kontak Ons

Tel: +27 (0) 63 311 8379

e-Pos: waterbergkantoor@gmail.com

Adres

H/V Steve Tshwete & Boom Str    Nylstroom, Limpopo, 0510

Pluskode: 7CQ2+H2

GPS:  -24.711037, 28.4000k

bottom of page