Wêreldkennis-Olimpiade 2019
- Waterbergskool vir CVO
- Aug 21, 2019
- 3 min read
'n Paar leerlinge van Waterbergskool vir CVO het aan die Wêreldkennis-olimpiade vanjaar deelgeneem.
Uitslae:
* C Boshoff = 70%
* A Kruger = 41.18%
* ME Kruger = 40%
* AC Viviers = 65.29%
* LW Murray = 60.59%
* HA Roets = 53.53%
* CEP Prinsloo = 74.71%
Wêreldkennis-Olimpiade vir Sekondêre skole vind vanjaar vir die 28 ste keer en vir Primêre skole vir die 24 ste keer plaas.
Die Olimpiade ondersteun “globale bewustheid” as kern 21ste eeuse vaardigheid in die voorbereiding van studente vir die nuwe globale ekonomie, en trek intelligente en nuuskierige jongmense wat eie inisiatief neem en dinge laat gebeur en wat meer van die wêreld om hulle wil weet.
Die doel van die Olimpiade is om die skoolleerders van graad 6 tot 12 se algemene kennis te toets en hulle aan te moedig om dit uit te brei deur o.a. gereeld koerante te lees.
Die Olimpiade is oop vir ALLE Suid-Afrikaanse leerders, en is dus ‘n geleentheid om jou skool en leerders uit te daag om hulle kennis te toets teen die res van die land.
Sommige onderwysers en leerders maak die fout om te dink net presteerders moet deelneem, maar in der waarheid is die Olimpiade oop vir alle leerders.
# Grade 6 en 7 skryf die Primêre skool vraestel.
# Grade 8 tot 12 skryf die Sekondêre skool vraestel.
Let wel dat Post Matrieks nie aan die Olimpiade mag deelneem nie.
1. OLIMPIADE Datum: Maandag, 13 Mei 2019 Tyd: 14:00 tot 15:15 Sluitingsdatum: Vrydag, 5 April 2019
2. INSKRYWINGS Inskrywingsgeld: R25 elk vir 1 tot 49 leerders OF R15 elk vir 50 en meer leerders. Die inskrywingsgelde sluit die vraestelle, optiese kaarte, sertifikate, koeverte, seëls, registrasie, skooluitslae, pryswenners en die memorandum in. Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag 5 April 2019.
● Die maklikste en voorkeuropsie om te registreer en betaal is om direk na die webwerf www.quiket.co.za toe te gaan en “World Knowledge Olimpiad” te soek. Volg die instruksies en kies u voorkeurbetaling - hetsy per kredietkaart, EFT of 'n bankoordrag, Die Inskrywingsvorm is ook die registrasievorm.
● Alternatiewelik kan u 'n epos aan info@worldknowledgeolympiad.co.za stuur OF 010 900 3030 skakel om u skool te registreer. Ons sal dan aan u 'n unieke bankverwysingsnommer stuur om die registrasie te bevestig.
3. PRYSE Die tien leerders in Suid-Afrika met die hoogste punte in elke graad se name word in die uitslae bekend gemaak. Sertifikate (goud, silwer en brons) word toegeken aan die eerste, tweede en derde geplaasde leerders in Suid-Afrika vanaf grade 6 tot 12.
● Gr. 8 tot 12: eerste prys R1 000, tweede prys R600, derde prys R400
● Gr. 6 & 7: eerste prys R700, tweede prys R400, derde prys R200 Elke leerder wat vir die Wêreldkennis-Olimpiade inskryf, ontvang ‘n sertifikaat. Skole wat al hulle leerders inskryf se name sal in die “Hall of Fame” kom en hulle sal ook ‘n spesiale sertifikaat ontvang.
4. VRAESTEL Die vraestel bestaan uit meerkeuse-vrae. Antwoorde word positief nagesien. Punte word dus nie vir verkeerde antwoorde afgetrek nie. Soos die naam van die Olimpiade aandui, gaan dit oor algemene kennis. Die vraestelle is in Engels en in u skool se keuse van Afrikaans, isiXhosa of isiZulu. Die vraestelle sal per koerier aan deelnemende skole gestuur word. Verdere detail en instruksies sal aan die kontakonderwyser se eposadres soos aangedui tydens die Quiket registrasie (sien hierbo) gestuur word.
5. VOORBEREIDING Die vrae oor aktuele onderwerpe word verkry uit 'n wye reeks gewilde media-bronne, insluitend koerante, tydskrifte, radio, TV en aanlyn nuusportale. Vorige vraestelle is beskikbaar op ons webtuiste: www.worldknowledgeolympiad.co.za
6. RESULTATE ‘n Volledige stel uitslae sowel as ‘n memorandum vir die vraestel sal aan die begin van die derde kwartaal aan elke skool ge-epos word.
7. SPONSORS Die Jakes Gerwel Fellowship is die hoofborg van die Olimpiade. Takealot, Suid-Afrika se voorste aanlynwinkel, gee ruim borgskap. Kyk gerus uit vir hulle geskenkbewyse om in u skool te gebruik.
Comments