top of page

Akademie

Vir uitnemende Christelike-volkseie skoolopvoeding
volgens jou geloofs-en kultuurgrondslag!
 
bybel.jpg
Bybelonderrig

Ons glo dat die Woord korrek vertolk word soos gevind in die drie formuliere van eenheid, te wete die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Daarom huldig ons hierdie skrifbeskouing. Hierdie uitleg van die Skrif word ook in die studiemateriaal weerspieël wat in CVO skole gebruik word.

afrikaans.png
Afrikaans 

Huistaal is ’n instrument wat gebruik word vir denke en kommunikasie. Dit is ook ’n kulturele en estetiese middel wat mense deel om beter sin te kan maak van die wêreld waarin hulle leef. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om kennis te verwerf; hulle identiteit, gevoelens en idees uit te druk; interaksie met mekaar en ander te hê en om hulle eie leefwêreld te bestuur.

wiskunde.png
Wiskunde

Leerders se vaardighede word deur ‘n verskeidenheid aktiwiteite, op alle gebiede van wiskunde ontwikkel. Na elke tema/afdeling word ‘n hersieningsoefening aan leerders gegee om te verseker dat hulle die vakinhoud deeglik verstaan.

Natuurwetenskap.png
Natuurwetenskap

Wetenskappe is ‘n sistematiese manier van soek vir verduidelikings en dit te koppel aan die idees wat ons het oor die natuur. In Wetenskappe word sekere metodes van navraag doen en ondersoek instel, algemeen gebruik.

Geografie.jpg
Geografie

Geografie is ‘n baie aktuele wetenskap, wat die aarde as tuiste van die mens bestudeer.  Daar word gekyk na die mens-aarde-verhouding; die aarde self en die ruimte daaromheen as wetenskaplike komponente.  ‘n Studie van Geografie stel ons in staat om die praktiese oorsake en die verskil in die ekonomiese belange en standpunte wat vandag in die wêreld bestaan, beter te begryp en te waardeer.

42427523_10156116894169055_7469063297292
Entrepreneursdag

Kinders word op ’n praktiese manier geleer oor verskillende entrepre­neuriese vaardighede. Ons fokus ook op finansiële geletterdheid en elke kind word gehelp om sy eie mikroöndernemings op die been te bring,”

lewensorientering.jpg
Christelike
Lewensoriëntering

Die wêreld waarin ons leef verander byna daagliks en dit bring opwindende geleenthede, maar ook nuwe uitdagings. Die vinnige tempo waarteen ons leef, is die gevolg van tegnologie wat meer en meer deel word van ons lewens. Ongelukkig is een van die negatiewe gevolge hiervan dat jongmense se leefwyse soms nie meer so gesond is soos toe ons geslag hierdie ouderdom was nie.

subject_English.png
Engels

Language is an extremely important way of interacting with people around us. We use language to let others know how we feel, what we need, and to ask questions.

ebw.png
Ekonomiese Bestuurswetenskap

Die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is daarop gerig om leerders toe te rus met kennis, vaardighede, waardes en ingesteldhede wat hulle in staat stel om binne ‘n ekonomiese, komplekse samelewing aan te pas, deel te neem en te oorleef

Biologie.jpg
Biologie

Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing.

Geskiedenis.jpg
Geskiedenis

Geskiedenis is 'n vak met vele dimensies, maar die sentrale fokus is om verandering oor tyd te bestudeer, beskryf en verklaar. Hoe ons verandering hanteer, in ons persoonlike lewens en in die groter samelewing, word onder andere bepaal deur hoe goed ons ingelig is

Rekenigkunde.jpg
Rekeningkunde

Rekeningkunde behels al die stappe om transaksies neer te skryf, finansiële state op te stel tot waar die finansiële state geïnterpreteer word om besluite te neem

Landbouwetenskap.jpg
Landbouwetenskap

Landbouwetenskappe is 'n studie van die verwantskap tussen grond, plante en diere in die produksie en prosessering van voedsel, vesel, brandstof en ander landboukommoditeite wat 'n ekonomiese, estetiese en kulturele waarde het.

place-setting.jpg
Gasvryheidstudies

Baie mense het die verkeerde opvatting oor die vak Gasvryheidstudies. Gasvryheidstudies kan aan leerders veel meer bied as die sogenaamde “koekies bak” klas of om te leer hoe om ‘n goeie huisvrou te wees.

Rekenaartoepassings-tegnologie.jpg
Rekenaartoepassings-tegnologie

Rekenaartoepassingstegnologie het ten doel om die digitale kloof te oorbrug. Dit word vermag deur die leerders se vaardighede in die gebruik van hardeware en sagteware te ontwikkel. Leerders leer ook hoe om alledaagse probleme op te los – in die proses word die onderskeie vaardighede wat die eind-gebruiker aangeleer het, benut.

  • White Instagram Icon

© Kopiereg 2023.Waterbergskool vir CVO   Alle Regte Voorbehou

Kontak Ons

Tel: +27 (0) 63 311 8379

e-Pos: waterbergkantoor@gmail.com

Adres

H/V Steve Tshwete & Boom Str    Nylstroom, Limpopo, 0510

Pluskode: 7CQ2+H2

GPS:  -24.711037, 28.4000k

bottom of page