top of page

Loer hieronder

verjaarsdag.png

Christelike en Volkseie  Skool sedert 1995

30 Jaar

DSC_0002.jpg

Ons geskiedenis

Terwille van ons KINDERS

Waterbergskool het in 1995 in Nylstroom ontstaan toe ‘n stuk veld aan die rand van die dorp eers “getem” moes word om die eerste klasse te bou. Die eerste skoolgebou was net voldoende vir die laerskoolafdeling en die hoërskool was lank by die Gereformeerde Kerk gehuisves. In die afgelope jare het die skool só ontwikkel dat hoërskoolklasse, ‘n kleuterskool en ‘n ruim skoolsaal opgerig is. Tans vorder ontwikkelinge aan die sportterrein goed.

Waardestelsel

-1-

Christelik-Gereformeerde aard en karakter wat die oppergesag van God soos uitgedruk in sy Woord belei en die primêre opvoedingsgesag en verantwoordelikheid van verbondsouers erken.

-2-

Volkseie skoolgemeenskap waar moedertaalonderrig in Afrikaans, gegee word.

 

Die volkseie kultuurgemeenskap word vir hierdie doeleindes omskryf as ’n groep wat hul vereenselwig met die kultuur, geskiedenis en ideale van die Boere-Afrikaner soos gedemonstreer deur die geloftes voor God afgelê op 6 April 1652, 11 Desember 1880 en 16 Desember 1838 en wat dit jaarliks herdenk. Die skool as kultuuromgewing is primêr lojaal en verantwoordelik aan sy verbondsouers.

 

-3-

Uitnemende gehalte onderrig waardeur hoë standaarde gehandhaaf word.

 

Ons bly gerig op die optimale ontwikkeling van die kind se toekomspotensiaal, met die ingesteldheid van voortdurende verbetering en uitbouing. Die skool moedig aktiewe, gesonde, kritiese en ondersoekende denke aan.

 

-4-

Vertroue in en respek vir ons mense (personeel, ouers en kinders) met handhawing van integriteit en selfbeheer ooreenkomstig ons waardestelsel.

 

Selfdissipline (selfbeheer) en integriteit is die primêre bestuursmeganisme. Hierby word ingesluit aspekte soos eerlikheid, opregtheid, regverdigheid, redelikheid, lojaliteit, gebondenheid aan ondernemings ens.

 

 

-5-

Dankbaarheid teenoor God vir al die gawes en talente wat ons uit liefde vanuit sy versorgende hand ontvang. Dankbaarheid teenoor ons medemens wat deel in die gawes van Godsdiens en ons volkseie kultuur.

-6-

Kliëntgedrewe diens aan lede.

 

Die skool word bestuur deur 'n direksie wat ingestel is op kliëntetevredenheid. Dit is van kardinale belang dat die ouer altyd moet voel soos 'n gewaardeerde kliënt. Dit geld ook vir enige besoeker wat hom in ons geledere of op ons terrein mag bevind. Die direksie en personeel kommunikeer met ouers en hul kinders.

 

 

-7-

Handhawing van orde en dissipline en erkenning van gesag van ouers en direksie.

 

Alle gesag word primêr afgelei uit die Woord van God.  Die uitoefening van gesag in die skoolgemeenskap word voortdurend getoets aan die waardestelsel.  Die ledevergadering het die primêre seggenskap in die skool. 

 

Alle optredes en besluite in verband met die skool word deur die waardestelsel gerig en moet voortdurend daarteen getoets word.  Afwykings van die waardestelsel wat nie self opgelos kan word nie, moet sonder versuim onder die aandag van die Voorsitter van die Direksie gebring word.

bybel studie.jpg
  • White Instagram Icon

© Kopiereg 2023.Waterbergskool vir CVO   Alle Regte Voorbehou

Kontak Ons

Tel: +27 (0) 63 311 8379

e-Pos: waterbergkantoor@gmail.com

Adres

H/V Steve Tshwete & Boom Str    Nylstroom, Limpopo, 0510

Pluskode: 7CQ2+H2

GPS:  -24.711037, 28.4000k

bottom of page