




​
​
Wat is die IEB?
Waterbergskool vir CVO is een van 172 skole wat die Indepedent Examination Board se eksamen aflê. Hierdie eksamen is onder die toesig van Umalusi, maar onafhanklik van die onderwysdepartement.
Hoekom die IEB ?
-
Handhaaf hoë standaarde en lewer betroubare resultate.
-
Verseker ‘n goeie korrelasie tussen resultate en werklike vermoë wat positief reflekteer op verdere studie;
-
Gebruik assessering om onderrig en leer positief te beïnvloed;
-
Genereer puik geleenthede vir onderwysers om aktief in die assesseringsproses betrokke te raak.
Die eksamen
-
Geskrewe eksamens fokus op verstaan en probleem-oplossing;
-
Assessering fokus op alternatiewe en uitdagende maniere om vaardighede te toets.
Die proses
-
Goeie administrasie
-
Geen rompslomp
-
Onafhanklik
-
Uitstekende moderering
-
Goeie kwaliteit vraestelle en nasienproses
-
Interaktiewe strukture
Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) is die sambreel waarby CVO-skole geaffilieer is. Die BCVO lewer verskeie dienste aan CVO skole soos studiemateriaal, professionele advies en gekoördineerde sport- en kultuurgeleenthede op streek- en nasionale vlak.
​
Christelik
Ons glo dat die Woord korrek vertolk word soos gevind in die drie formuliere van eenheid, te wete die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Daarom huldig ons hierdie skrifbeskouing. Hierdie uitleg van die Skrif word ook in die studiemateriaal weerspieël wat in CVO skole gebruik word.
​
Volkseie
Ons glo dat die Vader die volkere-verskeidenheid daargestel het. Christen gelowige mense laat niks aan die toevalligheid oor nie. So ook vir ons as volk. Ons Afrikanervolk het in die besonder beslag gekry deur sy kultuureie en eie geskiedenis. In die Afrikanergeskiedenis was die Gereformeerde geloftes bepalende momente nl. dié van Jan van Riebeeck op 6 April 1654, Bloedrivier 16 Desember 1838 en Paardekraal 1880 wat die Eerste Vryheidsoorlog voorafgegaan het.
​
Ons volk word ook onderskei deur ons eie moedertaal Afrikaans en sy kultuurprestasies op die terrein van kuns, wetenskap en tegnologie. Die handhawing en uitlewing van ons kultuureie en eie identiteit is vir ons kosbaar. Ons glo dat erkenning aan volkere verskeidenheid bydrae tot wedersydse respek vir mekaar.
Ons neem ouers aan as lede wat hierdie Christelik-volkseie oortuiging deel en lidmate is van kerke waar hierdie drie formuliere die belydenis- grondslag is. Lidmaatskap is onderhewig aan keuring. Leerlinge en ouers uit ander Christelike kerke wat ons grondslag aanvaar, word ook verwelkom in CVO skole
​
Onderwys
Die aard van ons onderwys onderskei ons van ander skole. Ons sillabusse het ons eie verrykte inhoud. Onderrig is, behalwe dat dit streef na uitnemendheid op verskillende vlakke, gefokus op CVO waardes, kennis, insig en vaardighede wat nodig is vir ons kinders om die uitdagings wat die toekoms van hulle mag eis aan te voldoen.
​
Ons is tans besig met die ontwerp van ‘n stelsel waarin ons steeds, soos in die verlede, vir elke leerling die geleentheid wil gee om die beste te maak van die talente wat die Vader aan hom/haar gegee het. Daarom is ons besig (met hulp uit die geledere van Afrikaanse universiteite) om ons kurrikulum op te stel dat ons leerlinge só toegerus sal word dat oorbruggingskursusse nie nodig sal wees nie. Ons vestig ook ons aandag op geleenthede vir besonder begaafde leerlinge en waar moontlik diegene wat verkies om ‘n spesiale rigting bv. tegnies of landbou te volg
​
​