top of page

Kultuurfees 2019

Updated: Aug 21, 2019

Sentraal streekkultuurfees


Gedurende die streekkultuurfees op Saterdag 20 Julie 2019, wat deur die Waterbergskool aangebied is, het die Waterbergskool vir CVO leerlinge uitgeblink met hul redenaars. Leerlinge: Rene Jooste, Henru Botha, Ruben Doubell, Ockert Olivier, Melienke Vermaak, Anzel Coetser, Maddison Hugo, Mckayla Vermaak, Elni Jooste, Adriaan Roets & Cecil Botha is genooi om vir die streek deel te neem aan die Nasionale Redenaars.


Die Bosveld-tjokkers koor (gr. 0 - 3) het die beoordelaars met hul musiektalent bekoor. Hulle het 92% behaal tydens die streekkultuurfees en is genooi om op Saterdag 17 Augustus 2019 aan die Nasionale BCVO-kultuurfees by CVO Skool Potgietersrus deel te neem.


Drie leerlinge van Waterbergskool vir CVO het die skool se naam hoog gehou tydens die strekkkultuurfees by die skool. Hulle is uit meer as 200 inskrywings gekies om by die nasionale kultuurfees op Saterdag 17 Augustus in Mokopane deek te neem.

Lesley Maritz (drama) Mia Prinsloo (drama) en Melienke Vermaak (klavier).

Die volgende vier leerlinge was medaljewenners tydens die kultuurfees:

* Mia Prinsloo (2 x drama),

* Lesley Maritz (drama)

* Melienke Vermaak (onvoorbereide lees en klavier)

* Ockert Olivier (drama)


Die leerlinge het ook besonders goed gevaar tydens die Nasionale kunsuitstalling waar 782 kunswerke beoordeel was. Die skool het 33 werke ingestuur waarvan daar

* 9 x A+++

* 5 x A++

* 7 x A+

* 6 x A

* 4 x B+

* 2 x B

Daar was ook 4 x leerlinge wat 100% behaal het en hulle 4 was ook elk trofee en medaljewenners waarvan slegs 37 dit ontvang het.


Comments


  • White Instagram Icon

© Kopiereg 2023.Waterbergskool vir CVO   Alle Regte Voorbehou

Kontak Ons

Tel: +27 (0) 63 311 8379

e-Pos: waterbergkantoor@gmail.com

Adres

H/V Steve Tshwete & Boom Str    Nylstroom, Limpopo, 0510

Pluskode: 7CQ2+H2

GPS:  -24.711037, 28.4000k

bottom of page