top of page

Einde van die 1ste kwartaal

Goeie dag,


Hierdie eerste kwartaal het gevlieg.


Baie dankie aan elke ouer, OR lid, en elke leerling wat hard gewerk het en bygedra het tot suksesvolle atletiekbyeenkomste, fondsinsamelings en al die ander aktiwiteite by die skool. Sonder u kan die skool nie positief funksioneer nie.


Aan elke onderwyser wat ure se voorbereiding en merkwerk agter die rug het, dit word hoog op prys gestel en raak gesien.


Ons neem ook afskeid van Me. Marthinette Vermaak. Baie dankie vir u harde werk en u positiewe insette in die kunsklas. Juf. Marthinette gaan nog betrokke wees by die sport en kultuur.


Daar is 'n sportkomitee saamgestel wat verantwoordelik gaan wees vir die sport.

Danilla Stapelberg, Marthinette Vermaak, Juf. Sunette en Juf. Bianca.


Sterkte aan elke atleet met die deelname aan die SA's. Glo in jouself en dan sal dit goed gaan. U moet ook veilig daarheen en terug reis.


Geniet die vakansie en ons sien uit na 'n baie vol en bedrywige 2de kwartaal.


CVO-groete


Hoof

Retha Prinsloo


Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
  • White Instagram Icon

© Kopiereg 2023.Waterbergskool vir CVO   Alle Regte Voorbehou

Kontak Ons

Tel: +27 (0) 63 311 8379

e-Pos: waterbergkantoor@gmail.com

Adres

H/V Steve Tshwete & Boom Str    Nylstroom, Limpopo, 0510

Pluskode: 7CQ2+H2

GPS:  -24.711037, 28.4000k

bottom of page