Vanaf die Hoof se lessenaar...
- Waterbergskool vir CVO
- Apr 4, 2019
- 1 min read
Updated: May 7, 2019
Goeiedag Ouers
Baie welkom terug by die skool vir die 2de kwartaal. Ons verwelkom ook nuwe ouers, Richard en Monique Venter by die skool.
Ons hoop dat u almal heerlik gerus het en dat die leerlinge uitgerus is vir hierdie kwartaal.
Die 2de kwartaal se program is reeds verlede kwartaal aan u gestuur. Soos wat daar ander geleenthede opduik, sal u daarvan in kennis gestel word.
Die leerlinge ontvang Vrydag, 5/4/2019, vorderingsverslae. Maak seker dat u dit ontvang.
'n Ouermiddag/aand word volgende Woensdag, die 10de April gehou, daarna sal 'n skoolvergadering gehou word waarop akademie, sport, kleredrag, dissipline, ens. bespreek sal word. Ons maak staat dat u almal a.s.b. teenwoordig sal wees.
'n Kleuterskool vergadering word Donderdag 11 April gehou in die skoolsaal. Ons doen 'n beroep op kleuterskoolouers om dit a.s.b. by te woon tot voordeel van u kind.
Vrydag 5 April is dit Opedag. Dit word gekombineer met Shaveton. Die leerlinge kan dan hulle hare laat afsny en/of kleur teen R20 of 'n donasie.
Aan die leerlinge wat Lichtenburg toe gaan vir die sewes rugby

, baie sterkte.
Sterkte vir die week!
Hoof
Retha Prinsloo
Opmerkingen