top of page

BCVO Landswye Krieket

Updated: Aug 14, 2019

Waterbergskool vir CVO Leerlinge wat die afgelope naweek aan die BCVO Landswye Kriektet deelgeneem: Ruben Doubell & Jano le Roux het in die O/19 Sentraal span gespeel, EN Ruan Campher het in die O/13 A Sentraal span deelgeneem.


Ons is baie trots op jul deelname!!!

Die grootste krieketbyeenkoms in die geskiedenis van BCVO het die afgelope naweek plaasgevind. 22 spanne, 265 kinders het oor 3 dae op 8 krieketvelde teen mekaar meegeding.

Wat ’n belewenis was dit nie om betrokke te wees by die suksesvolle byeenkoms nie. Die Sportraad wil sy dank uitspreek aan elke ouer en personeellid wat betrokke was by die reëlings rondom die toernooi.

Ook ons dank aan al die afrigters, spanbestuurders en ouers wat vêr moes reis om dit moontlik te maak.


Ons wil die volgende spanne gelukwens met hulle oorwinning.


Mini Krieket:

A-liga wenners – Oos-Transvaal

B-liga wenners – Oos-Transvaal (was ook algeheel 2de)

Beste Speler: Henco Britz – 224 lopies en 272 punte

2de beste speler: Willem Kruger – 147 lopies en 186 punte


O/13 afdeling:

A liga wenners – Sentraal

B liga wenners – Noord-Transvaal


0/19 afdeling:

Wenners – Oos-Transvaal


Nasionale- en Bokkieweekspanne is ook dan aangewys. Baie geluk aan die volgende seuns en dogter met hulle verkiesing tot die spanne:


0/13 Nasionale span:

Dietrich Schulenburg

Schalk van Rooyen

Jacobus Venter

Nicole Labuschagne

Benjamin Potgieter

Pieter van Schalkwyk

Stefan de Bruin

****Ruan Campher!!!!! - van Waterbergskool vir CVO

Flippie Nieman

Richardt Ingram

Henning Gouws


Vir die 0/13 Bokkieweek span is die volgende seuns ook gekies:

Leon Günter

Jayden Jacobs

Beste bouler: Henning Gouws – 10 paaltjies met tref tempo van 5,7

Beste Kolwer: Henning Gouws – 200 lopies en net 1 keer uit


0/19 Nasionale span:

Wilco Jones

Daniel van der Westhuizen

Julian Marais

Deon Hanekom

Werner van Wyk

Stiaan Genis

****Jano le Roux!!!!!! - van Waterbergskool vir CVO

Derik van der Ryst

Markus van Staden

Jandré Terblanche

Emil Bloemhof

Ebert van der Ryst


Die volgende seuns is vir Bokkieweek ook gekies:

J.D. du Plessis

Lean Vosloo

Rassie Möller

Beste bouler: Derik van der Ryst - 13 paaltjies met ’n treftempo van 6

Beste kolwer: Emil Bloemhof – 188 lopies van 81 balle, treftempo van 2,32

Ons dank aan die Oos-Transvaalstreek en in besonder aan Middelburg CVO- skool vir al die reëlings vooraf en ook tydens die byeenkoms.


Sportgroete.


BCVO-Sportraad



Comentários


  • White Instagram Icon

© Kopiereg 2023.Waterbergskool vir CVO   Alle Regte Voorbehou

Kontak Ons

Tel: +27 (0) 63 311 8379

e-Pos: waterbergkantoor@gmail.com

Adres

H/V Steve Tshwete & Boom Str    Nylstroom, Limpopo, 0510

Pluskode: 7CQ2+H2

GPS:  -24.711037, 28.4000k

bottom of page