Rekordeksamen begin vir Graad 12's
- Waterbergskool vir CVO
- Aug 13, 2019
- 2 min read
Updated: Aug 15, 2019
Graad 12 Rekordeksamen begin 13 Augustus 2019
* Kobus Engelbrecht
"Daar is nog harde werk wat voorlê, maar maak ons trots. Matriek is net een van vele toetse wat vir jou wag op die grootmens lewe." Juf. Retha
*Lesley Maritz
"Soos wat jy jou gr. 12 -jaar en jou leierskap met geloof, toewyding, kreatiwiteit en humor aangepak het, glo ek dat jy ook hierdie eienskappe sal gebruik om van die rekordeksamen 'n sukses te maak. Mag dit baie goed gaan en jy elke dag ondervind waar jou hulp vandaan kom (Ps. 131)" Juf. Menta
*Femke Minnaar
"Jy laat my dink aan volheid leef! Ek het jou oë al vol lag en hartseer gesien, en jou hart vol vreugde en vrees. Jou siege vol kattekwaad en hoop! Mag jou toekoms blink en geseënd wees!" Juf. Marika
*Phillip Humphries
"Jy is 'n jongman met groot waarde in hierdie wêreld. Moenie weghardloop van jou visie nie, en moenie die vonkel in jou oog verloor wat mense tot jou aantrek nie. Beweeg moedig in die rigting van jou drome, die wêreld wag vir iemand met jou potensiaal. Baie voorspoed met jou eksamens." Juf. Anri
*GP Meijer
"GP, dit is my wens dat jy nie net in die eksamen suksesvol sal wees nie, maar sukses sal hê in alles wat jy verder in jou toekoms aanpak.
Dat al jou mooi en goeie eienskappe jou sal help om jou ideale te bereik en die belangrikste van als, jou sal vorm tot 'n man so na God se hart. Stap die lewe trots binne met Die Een langs jou." Juf. Sonja
*LJ Humphries
Juffrou wil net EEN laaste keer op jou pik, en sê jy beter hard leer en minder sweep slaan, mooi dink en minder droog maak. En onthou... "During the exam, you have to look UP for Inspiration, down in desperation and left and right for information." Juf. Bianca
En van jul voog onderwyser Mnr. Pieter: "Aan Elke matriek jongmense wat voor een van die belangrikste eksamens staan. Baie STERKTE vir jou en mag jy die sukses behaal waarvoor jy werk. Indien jy moedeloos word lees Fillipense 4:13 en ook Jesaja 40:29-31
Van die hele skool, sterkte!!!
Comments