100% Slaagsyfer
- Waterbergskool vir CVO
- Jan 7, 2020
- 2 min read
Waterbergskool vir CVO is trots om met almal te deel dat ons skool kan spog met 'n 100% matriek slaagsyfer!!!
Ons 2019 hoofdogter; Lesley Maritz het ook 2 onderskeidings vir CLO en Wiskunde geletterdheid. Baie geluk Lesley.
BCVO SE MATRIKULANTE VAN 2019 BEHAAL 98% SLAAGSYFER
Die CVO kandidate van 2019 het ʼn slaagsyfer van 98% behaal in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se Nasionale Seniorsertifikaat eksamen. Dit is ʼn verbetering van 4% op 2018 se uitslae.
Die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se slaagsyfer is 98.82% teenoor die 98.92% van 2018.
11 818 voltydse kandidate het die IEB eksamen afgelê.
74% van die CVO kandidate het toelating tot graadstudie behaal, teenoor die 62% van 2018.
89 onderskeidings is ingeoes met 188 B-simbole. Alrica Smith van CVO Pretoria en Liezel van Schalkwyk van CVO Potgietersrus het elk ses onderskeidings behaal. Dit is weer ʼn bewys dat leerlinge wat hard werk en die kennis wat hulle geleer het goed kan toepas, goed vaar in die IEB eksamen. BCVO streef daarna om leerlinge toe te rus om kennis as gereedskap te gebruik om oplossings te vind en nie net weer te gee wat in handboeke staan nie.
Elrica Smith van CVO Pretoria is onder die top 1% van IEB presteerders in Gasvryheidstudie.
Die beste presteerders in die afsonderlike vakke kry DV Vrydag 10 Januarie 2020 tydens ’n formele glansdinee erkenning vir hulle prestasies.
Dit is met hartseer dat ons vandag dink aan Schallie Hoogenboezem van CVO Vivo wat ons verlede week ontval het. Schallie het matriek met graadtoelating geslaag. Baie sterkte aan sy ouers.
CVO skole is onafhanklike Christelike Afrikaanse skole landswyd. Verskeie strek van kleuter tot matriek en kan leerlinge in koshuise akkommodeer. CVO Skole se skoolgeld is bekostigbaar.
Alle eer aan die Here vir goeie prestasies!
留言