Matriekafskeid 2019
- Waterbergskool vir CVO
- Oct 8, 2019
- 1 min read
Updated: Oct 9, 2019
Op Vrydag 4 Oktober 2019 het die Graad 11 leerlinge onderlyding van Juf. Anri Janse Van Rensburg 'n onvergeetlike afskeid aangebied, met die tema "Liggies in die bos..."
Waterbergskool vir CVO - Matriekafskeid 2019
Ons skool se matriekafskeid is hierdie jaar by die pragtige Casamento Lodge gehou:” ‘n Gepaste plek om van ‘n klomp pragtige kinders afskeid te neem.” Liggies in die bos was ons tema en met ‘n begeesterde groep graad 11 leerlinge lyk ‘n saal spoedig soos ‘n towerwoud. Ouers, boeties, sussies, ouerraad,onderwysers en vriende het kom toekyk hoe ons matriekgroep in styl arriveer. Daarna is die spesiale geleentheid geopen deur ds. Christiaan Jooste en met die klank van die Suid-Afrikaanse naguiltjie in die agtergrond, is ‘n smaaklike voorgereg saam met die ouers geniet, waarna ons matrieks saam met hul genooide gaste en onderwysers na die groot onthaal beweeg. ‘n Heerlike aand van kuier, sentiment, dans en vir oulaas gesels oor die twaalf jaar in die skoolbanke. Die begin van ‘n nuwe hoofstuk in elke van ons matrieks se lewe. Mag goedheid en guns julle volg al die dae van julle lewe.
Anri Janse van Rensburg
Ons matriekafskeid was ‘n fees. Die kos was heerlik, lekker boerekos na aan ons harte, Casamento was pragtig en die Bonsai boompies op die tafels het dit pragtig laat lyk. Ons is baie dankbaar oor ons Switserse messies vir ons sleutelhouers, iets wat altyd handig is. Ek het lekker gesokkie, dink my metgesel se tone is blou, maar nou ja! Baie dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het, ons het dit baie geniet.
Lesley Maritz
Comentários