top of page

AANPASSINGS IN CLO LEERPLANNE

Updated: Nov 22, 2019

Waterbergskool vir CVO is een van talle CVO skole wat maar net kan luister na die kommer rondom lewensvaardighede/oriëntering boeke.


Wat kommer wek is die gebrek aan die leer van die Christendom, die subtiele manier (in alle grade) wat gebruik word om die Christendom gelyk te stel aan ander gelowe. Die boodskap wat deurkom is dat die beoefening van alle gelowe reg en lekker is, maak nie saak watter een jy beoefen nie.


As daar oor die Christendom geskryf is, word die ware boodskap van die Woord nie oorgedra nie. Die boeke is duidelik nie uit ‘n Christelike oogpunt geskryf nie en is daarop gemik om die siening van die Christen kind te beïnvloed en te verander.


Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys:


"CVO skole is onafhanklike skole wat verplig is om binne die raamwerk van die Nasionale

kurrikulum te werk. Ons is verplig om aan die minimum vereistes te voldoen. BCVO poog

om gereeld leerplanne te hersien om te verseker dat ons wel hieraan voldoen. Indien ons

nie hieraan voldoen nie, loop ons gevaar om akkreditasie te verloor, dus onwettig te wees.


Volgens die Skolewet word die raamwerk voorgeskryf en is alle skole verplig om aan die

minimum vereistes waaronder tydsaspekte (tyd per vak per week, lengte van skooldag,

aantal skooldae per jaar) en onderwerpe te voldoen. Aangesien ons onafhanklik is, is ons

nie verplig om ʼn spesifieke handboek wat deur die Departement voorgeskryf word te

gebruik nie. Ons is slegs verplig om die onderwerpe te dek. Ons mag onderwerpe egter

inkleur en aanvul met ons eie inhoude. U is byvoorbeeld bewus daarvan dat daar

onderwerpe in Geskiedenis net onder die leerlinge se aandag gebring word, dus nie

getoets en geëksamineer word nie. Dit verskyn ook nie in ons handboeke nie. Dit is om

bogenoemde minimum vereistes te voldoen.


Wat die seksuele opleiding wat tans ontsteltenis veroorsaak betref, sal BCVO voortgaan

met ons CLO-leerplanne aangesien ons voldoen aan die minimum voorgeskrewe

vereistes. Al die onderwerpe word vanuit ʼn Christelike perspektief aan die leerlinge

gebring. Die BCVO handboeke word as basis gebruik.


Ons wil u as onderwysers en ouers gerusstel dat BCVO nie ons leerlinge aan die handboeke en lesplanne onder bespreking gaan blootstel nie. Ons het ons eie en hou

daarby. Indien aanpassings nodig mag wees, sal dit verantwoordelik en vanuit ʼn

Christelike perspektief gedoen word."


 
 
 

Comments


  • White Instagram Icon

© Kopiereg 2023.Waterbergskool vir CVO   Alle Regte Voorbehou

Kontak Ons

Tel: +27 (0) 63 311 8379

e-Pos: waterbergkantoor@gmail.com

Adres

H/V Steve Tshwete & Boom Str    Nylstroom, Limpopo, 0510

Pluskode: 7CQ2+H2

GPS:  -24.711037, 28.4000k

bottom of page